Wat is die Gereformeerde Teologiese Akademie (GTA)?
Die Gereformeerde Teologiese Akademie (GTA) is ‘n teologiese akademie wat in 2023 deur die Kuratore van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika (GKSA) opgerig is, en deur die Algemene Sinode in 2023 opdrag gegee is om om teologiese opleiding te ontwikkel en aan te bied. Die primêre doel is onderrig en navorsing in Gereformeerde Teologie, spesifiek om teologiese opleiding met akkreditasie aan die GKSA te voorsien. Die GTA se leuse is “Stuur u lig en u waarheid” (Psalm 43:3).
Waarom is die GTA gestig?
Die GTA is gestig op grond van Christus se opdrag in Matteus 16:19 om alles wat Hy beveel het, te onderrig. Die besluit is deur die GKSA sinode geneem uit gehoorsaamheid aan Christus en ter wille van die suiwer leer. Daarbenewens loop die ooreenkoms tussen die GKSA en Noordwes-Universiteit (NWU) in Desember 2026 ten einde. DIe GTA neem dus die funksie wat die NWU gehad het oor, met die verskil dat die GTA nie deur die staat of buite kerklike liggaam beheer en bestuur word nie.Die GTA se struktuur laat die Kuratorium (kerklike oorsigliggaam van die GKSA) toe om volle toesig en beheer oor die kurrikulum en dosente te hê, sonder om die operasionele bestuur van die GTA te behartig.
Watter kwalifikasies bied die GTA aan?
Die GTA bied verskeie kursusse aan wat fokus op Gereformeerde Teologie, insluitend:
- Die Ou Testament
- Die Nuwe Testament
- Die drie katolieke belydenisse van die kerk
- Die drie Formuliere van Enigheid
- Die geskiedenis en teologie van die kerk in Afrika
- Die orde van Christus in sy kerk
- Die lewe en diens voor die aangesig van God
- Christus en wêreldbeskouings
- DIe Gereformeerde Kerkorde
Daarbenewens bied die GTA ook vaardigheidskursusse aan wat gefokus is op die kerklike lewe:
- Lees noulettend
- Skryf noukeurig
-
Licentiate in Reformed Theology [Next intake 2027]
The Reformed Theological Academy offers GKSA-approved Reformed Theology training through a 5-year program. Study the Old Testament, New Testament, Greek, Hebrew, and Reformed doctrine via distance learning or in-person with Potchefstroom sessions.
-
Theology of the Reformation [Next intake 2027]
An in-depth study of Reformation theology using the 1563 Palatinate Church Order, examining Christ’s rule over the church and its implications for worship, sacraments, pastoral care, and Christian life in church and society.
-
Read Carefully [Next intake 2027]
Cultivate lifelong skills for reading Scripture and theological literature with depth and understanding. This course equips you to carefully interpret the Bible as God’s Word—training you in sound reading practices, Christian logic and rhetoric, and engagement with diverse theological texts and thinkers.
Vir wie is die GTA-opleiding bedoel?
Terwyl die GTA primêr vir GKSA-predikantskandidate is, gee dit toegang tot enige persoon wat vir een of meer van die studieeenhede wil inskryf. Ons verwelkom ook:
- Individue wat teologiese studie of pastorale bediening oorweeg
- Kerkleiers wat hulself wil toerus
- Kerkadministrateurs en skribas
- Ouers wat Christelike opvoeding wil verbeter
- Professionele persone waar godsdiens ‘n rol speel
- Aktiewe kerklidmate wat belangstel om hul begrip te verdiep134
Wat is die struktuur en oorsig van die GTA?
Die GTA word bestuur deur die Kuratorium van die GKSA. Die Kuratorium keur die sillabus, studiegidse en dosente goed, en dien as moderatore en eksaminatore vir assesserings.
Wie doseer by die GTA?
Die GTA werk met dosente wat deur die Kuratorium voorsien en goedgekeur is. Hierdie dosente is vakspesialiste en is verbonde aan die Teologiese Skool. Kursusontwikkeling vind plaas in samewerking met die Teologiese Skool en die Kuratore.
Hoe word kursusse aangebied?
Die GTA maak voorsiening vir aanlyn- en afstandsonderrig, ondersteun deur Ad Fontes, die onderrig- en leerplatform.
Wat is die taalbeleid?
Die GTA bied kursusse in Afrikaans aan, maar elke aanbieding word in Engels getolk. Beide die Engelse en Afrikaanse opnames word beskikbaar gestel vir studente om weer daarna te luister.
Hoe word die GTA befonds?
Die GTA word ondersteun deur die GKSA en klasgelde van studente. Volgens die Algemene Sinode 2023 se besluit word “die kerklike ramings en fondse vir Teologiese Opleiding en die Teologiese Skool in ooreenstemming met die finansiële regulasies en reëls, tot beskikking van die GTA gestel”.
Is daar ‘n fisiese kampus?
Terwyl klasse tans aanlyn aangebied word, het die GTA ‘n fisiese ligging. Hulle gebruik fasiliteite in die Teologiese Skool-gebou vir kantore, potensiële lesingsale, opnames en eksamens.
Kan studente van ander Gereformeerde kerke bywoon?
Ja, die kursusse is nie beperk tot die GKSA nie. Almal is welkom om aansoek te doen en in te skryf, met die verstandhouding dat die kursusinhoud Gereformeerd is.
Kan iemand inskryf sonder die voorneme om ‘n predikant te word?
Ja, die GTA verwelkom individue wat hul teologiese kennis wil verdiep of hulself vir diens wil toerus, selfs al streef hulle nie na ordening nie.
Wanneer begin die GTA met doseerwerk?
Die GTA het met die aanbieding van klasse begin op 3 Februarie 2025 en is in die proses om kurrikulums te ontwikkel vir die tweede jaar in 2026. Soos die Here wil, sal al die nodige programme teen einde 2026 gefinaliseer wees wanneer die ooreenkoms met die NWU uitloop.