
Die GTA staan onder toesig van die Kuratorium van die Gereformeerde Kerke in Suid Afrika.
Die Kuratorium keur die GTA se kursusse goed en endoseer dit as teologies verantwoord en geskik vir opleiding.
Al die dosente van die GTA is vakkundiges en word deur die Kuratorium gekeur.


Die GTA rus in bekwame hande:
GTA Direksie
Die GTA word deur ’n direksie van kundiges bestuur, wat ook deur die Kuratorium van die Gereformeerde kerke goedgekeur word. Die voorsitter van die Direksie is ds Carel Jansen.
Akademie
Aan die hoof van operasionele sake staan die prinsipaal, prof Dolf Britz. Hy is die dryfkrag agter die GTA en is ’n ervare kenner van hoër onderwys en ’n internasionaal erkende teoloog.

Wie is die GTA?
Die Algemene Sinode van die Gereformeerde Kerke in Suid Afrika het die Gereformeerde Teologiese Akademie (GTA) goedgekeur as die akademiese opleidingsinstansie van die GKSA.
Die GTA staan onder beheer van die Kuratorium van die GKSA en word bestuur deur ’n direksie wat aangestel word na goedkeuring deur die Kuratorium.
Die opdrag aan die GTA is om kwalifikasietipes en -programme te ontwikkel en akkrediteer wat nodig is vir die opleidingsbehoeftes van die GKSA.
Wil jy vir die bediening opgelei word?
Ons vyfjaar-program, die Sertifikaat en die Lisensiaat in Gereformeerde Teologie, is oop vir diegene wat tot bedieningsopleiding toegelaat is, vir wie ’n roeping tot die bediening oorweeg, en vir enigiemand wat ’n kwalifikasie in Gereformeerde Teologie wil verwerf.
BedieningsopleidingOntmoet ons Direksie
Verantwoordelik vir die bestuur en beheer van die Maatskappy

Voorsitter: ds Carel Jansen
Predikant van GK Sekunda en ondervoorsitter van die Kuratorium.

Paul Steyn
Gewese Afrikaansonderwyser en ’n professor in universiteitsdidaktiek vir 20 jaar met spesialisering in afstandsonderrig. Hy was getaak om Akademia te registreer, en die programme wat die instelling wou aanbied akkrediteer.

Isak van der Walt
Direkteur van OIM International (Pty) Ltd wat fokus op organisasie-ontwikkeling, leierskapontwikkeling, prestasiebestuur, kultuurverandering, arbeidsverhoudinge en opleidingsprogramme vir besighede en organisasies.

Prof Dolf Britz
Emeritus professor van UOVS, Emeritus van GK Bloemburg

Theo le Roux
Direkteur van Pretorius Le Roux Inc. Attorneys.
Direkteur van Stehenka Property Group / Stehenka Residensieel
ds Christo van Vuuren
Emeritus van GK Hartbeespoort
Ontmoet ons Akademiese span
Verantwoordelik vir die operasionele aspekte van die GTA

Prof Dolf Britz
Prinsipaal

Ds Christo van Vuuren
Registrateur

Minette Greyling
Bestuurder: Admin & Akademie
Ontmoet ons dosente vir 2027

Prof Gert Jordaan
Bybelse Kanoniek en Tekskritiek
Grieks
Dr Kwena Semenya
Introduction to Reformed Theology

Dr Malan van Rhyn
Inleiding NT
NT: Evangelies & Handelinge
NT: Pauliniese briewe
Hermeneutiek & Eksegese
Dr Christiaan Jooste
Inleiding OT
OT: Pentateug, Histories, Digterlike
OT: Profete
Dr Edmund de Beer
Skryf Akkuraat
Etiek
Dogmatiek Inleiding
Dr Petrus Venter
Kerkgeskiedenis

Dr Gerard Meijer
Die Gereformeerde Kerkorde

Dr Jonker Venter
Kategetiek

Ds Dirk Meijer
Drie Formuliere van Eenheid
Inleiding tot Gereformeerde Teologie
Ds Frikkie van Rensburg
Hebreeus

Ds Ronald Bain
Coram Deo

Ds Pieter le Roux
Drie Ekumeniese Belydenisse

Ds Charl van Rooy
Lees Krities

Ds Lourens Venter
Homilitiek

Ds Dirk Kotzee
Evangelistiek






















