Watter kursus pas by jou?5 vrae, 60 sekondesVind jou kursusVind uit →
Volgende inname: Januarie 2027Klasse begin die week van 18 Januarie

Gereformeerde Teologiese Akademie

Kursusse

Deur die GKSA goedgekeurde Gereformeerde teologiese opleiding Gereformeerde Teologiese Kursusse vir Predikante, Ouderlinge en Lidmate Dieselfde Gereformeerde teologiese opleiding wat ons predikante ontvang, nou beskikbaar as individuele aandkursusse. Volg individuele Gereformeerde teologiese kursusse teen jou ... Read more

Kursusse

’n Oop Bybel op ’n lessenaar

Deur die GKSA goedgekeurde Gereformeerde teologiese opleiding

Gereformeerde Teologiese Kursusse vir Predikante, Ouderlinge en Lidmate

Dieselfde Gereformeerde teologiese opleiding wat ons predikante ontvang, nou beskikbaar as individuele aandkursusse.

Volg individuele Gereformeerde teologiese kursusse teen jou eie pas. Aandklasse, vakkundige dosente en praktiese toepassing wat jy dadelik in jou gemeente kan gebruik.

Kies Jou Kursus

Tien kursusse, twee innames. Klasse word aanlyn aangebied en opgeneem, sodat jy dit later kan kyk. Die inskrywingsbladsy van elke kursus is tans in Engels, maar dit werk presies dieselfde: kies jou kursus en skryf in.

Eerste Semester Kursusse (Januarie)

  • ’n Oop boek in ’n hand buite

    Lees met Begrip

    Leesvaardighede en veral Bybelse interpretasie is belangrik vir gelowiges wat God reg wil hoor en gehoorsaam.

    Bekyk kursus
  • Klipreliëf van vyf figure wat boeke hou

    3 Ekumeniese Belydenisse

    Hierdie drie belydenisse het van vroegste tye die kerk se verstaan van God, kerk en lewe gerig… en doen dit steeds in ’n baie kritiese en vrysinnige wêreld.

    Bekyk kursus
  • Skildery van die muurstad Jerusalem

    Ou Testament Inleiding

    Sonder deeglike begrip van die Ou Testament kan jy God en die Nuwe Testament nie verstaan nie. Begrip van God se besluite en optrede in die Ou Testament verhelder die begrip van die Nuwe Testament.

    Bekyk kursus
  • Hande gevou in gebed op ’n oop Bybel

    Coram Deo

    Gebed is die mees direkte manier van hoe jy op God se liefde en aansprake op jou reageer. Gebed is daarom die barometer van jou verhouding met God.

    Bekyk kursus
  • ’n Regter se hamer en weegskaal
    Jaarkursus: loop die hele jaar, skryf in Januarie in

    Kerkorde

    Die Bybel orden die kerklike lewe om in diens van God te staan. Die kerkorde vat hierdie beginsels saam om te verseker dat Christus regeer en nie mense nie.

    Bekyk kursus
  • Antieke tempelpilare op ’n rotsagtige heuwel
    Jaarkursus: loop die hele jaar, skryf in Januarie in

    Afrika Kerkgeskiedenis

    God se beskikking om die kerk in Afrika en in besonder in Suid Afrika en Namibië te vestig, is fassinerend. Dit gee beter begrip van wie en waarom die Gereformeerde kerke is wat hulle is.

    Bekyk kursus

Tweede Semester Kursusse (Julie)

  • ’n Onderwyser help jong leerders by ’n tafel

    Kategetiek

    Die verbondsonderrig van God en sy kerk is nie dieselfde as blote leerwerk nie. Dit is geloofswerk. Dit vra besondere benaderings en gesindhede om kennis oor te dra en terselfdertyd vertroue te vestig.

    Bekyk kursus
  • Ruïnes van ’n antieke biblioteekgebou

    Nuwe Testament Inleiding

    Die Nuwe Testament gee betekenis en inhoud aan elke gelowige se verhouding met God, en bepaal waar die kerk inpas in God se Raadsplan.

    Bekyk kursus
  • Gravure van hervormers in gesprek

    3 Formuliere van Eenheid

    Waarom is jy gereformeerd en waarom is dit belangrik? Hierdie drie formuliere maak Skrifwaarhede prakties vir die lewe van elke gelowige.

    Bekyk kursus
  • ’n Hand wat met ’n pen in ’n notaboek skryf

    Skryf Akkuraat

    Kerklike skryfwerk en gemeentelike kommunikasie is van uiterste belang vir rekorddoeleindes en effektiewe funksionering van die gemeente. Nuusbriewe, elektroniese kommunikasie, notules ens.

    Bekyk kursus

Volgende Inname

Eerste semester se klasse begin in die week van 18 Januarie 2027. Die twee jaarkursusse loop die hele jaar en jy skryf in Januarie in. Tweede semester se kursusse begin in Julie, en die datums word hier bevestig.

Rooster

Klasse word aanlyn aangebied en kan later weer gekyk word.

Kerkorde en Afrika Kerkgeskiedenis word alternatiewelik al om die tweede week aangebied.

Rooster
TydMaDiWoDo
18:00 – 19:00Lees met Begrip
Read with Understanding
3 Ekumeniese Belydenisse
3 Ecumenical Creeds
Ou Testament Inleiding
OT Introduction
Coram Deo
19:15 – 20:15Gereformeerde Kerkorde
Reformed Church Order
19:15 – 20:15Afrika Kerkgeskiedenis
African Church History

Wil jy vir die bediening opgelei word?

Ons vyfjaar-program, die Sertifikaat en die Lisensiaat in Gereformeerde Teologie, is oop vir diegene wat tot bedieningsopleiding toegelaat is, vir wie ’n roeping tot die bediening oorweeg, en vir enigiemand wat ’n kwalifikasie in Gereformeerde Teologie wil verwerf.

Bedieningsopleiding

Hoe skryf ek in?

Kies jou kursus hierbo, maak die kursusbladsy oop en volg die inskrywing. Is jy onseker watter kursus by jou pas? Gebruik die kursuskieser of kontak ons by [email protected].


Kursus-inligting

Die koste per kursus beloop R2600

’n Kursus kan op twee maniere gevolg word:

  1. Indien jy die kursus volg en aan die assessering deelneem, ontvang jy met suksesvolle voltooiing ’n Sertifikaat van Bevoegdheid. Wees egter voorbereid om heelwat ure vir voorbereiding en leeswerk in te sit.
  2. Indien jy egter die kursus wil volg sonder om tyd in te sit vir assessering en ekstra leeswerk, maar steeds jou kennis en insig wil verbreed, kan jy bloot die klasse bywoon en dan ontvang jy ’n Sertifikaat van Bywoning.

Al die kursusse is op gevorderde akademiese vlak. Ons maak hierdie kursusse egter toeganklik vir enige iemand wat toegerus wil word vir dienswerk in ’n gemeente, of vir selfverryking.


Wil jy vir die bediening opgelei word?

Lees meer oor die vyfjaar-program en doen aansoek op die Bedieningsopleiding-bladsy.