Watter kursus pas by jou?5 vrae, 60 sekondesVind jou kursusVind uit →
Volgende inname: Januarie 2027Klasse begin die week van 18 Januarie
’n Dosent wat by ’n kateder praat

Bedieningsopleiding

Sertifikaat- & Lisensiaatsopleiding in Gereformeerde Teologie

Sertifikaat- & Lisensiaatsopleiding in Gereformeerde Teologie

Die Gereformeerde Teologiese Akademie bied ’n omvattende vyf jaar program in Gereformeerde Teologie aan, wat begin met ’n Sertifikaat wat noodsaaklike vakke dek, insluitend Ou Testament, Nuwe Testament, kerkreg, kategetiek, en Gereformeerde leer.

Ons GKSA-goedgekeurde kurrikulum is ontwerp vir drie sleutelgroepe:

  1. diegene wat tot bedieningsopleiding in die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika toegelaat is;
  2. individue wat teologiese studies of ’n roeping tot die bediening oorweeg en eers seker wil maak van sy innerlike roeping.
  3. enige persoon wat ’n kwalifikasie in Gereformeerde Teologie wil verwerf, ongeag hul kerkverband of kerklike agtergrond.
Twee mans wat hande skud by ’n sertifikaatoorhandiging

Die GTA se Teologiese opleiding strek oor vyf akademiese jare.

Gereformeerde Teologie is:

  1. Bybels begrond,
  2. Getrou aan die Christelike belydenis,
  3. Ingelig deur die geskiedenis van die kerk,
  4. Gerig op bediening.

Dit vloei voort uit die oortuiging dat waar die Woord suiwer verkondig word, word Christus bely en kom sy kerk tot stand met al die dienste wat daarin nodig is.

Al hierdie elemente word in die akademiese kurrikulum van die GTA vervat en aangebied in:

  1. ’n Sertifikaat in Gereformeerde Teologie (een jaar)
  2. ’n Lisensiaat in Gereformeerde Teologie (vier jaar)

Begin vandag met jou teologiese opleiding!

Gereformeerde teologiese opleiding

Die GTA ontwikkel al sy kursusse om akademies ingelig en prakties toegespits te wees en sodoende aan die behoeftes en vereistes van die kerke binne die Suid Afrikaanse konteks te voldoen.

As Gereformeerde instelling is al die kursusse Bybels gefundeer en Belydenisgebonde.

Al die kursusse word deur ons eie dosente ontwikkel en ge-evalueer deur die kuratorium van die GKSA sowel as deur internasionale akademici.

Die Teologiese opleiding wil tot diens wees van:

  • ’n Student wat ’n sertifikaat van ’n Kurator ontvang
    Diegene wat deur die Kuratorium toegelaat word tot bedieningsopleiding in die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika.
  • Twee mans wat ’n sertifikaat hou
    Iemand wat oorweeg om teologie te studeer, of ’n predikant te word, maar eers seker wil maak van sy innerlike roeping.
  • ’n Groep studente met sertifikate
    Enige persoon wat ’n kwalifikasie in Gereformeerde Teologie wil verkry, ongeag sy of haar affiliasie of kerkverbintenis
  • Die Teologiese Skool-gebou met sy gedenknaald
    Teologiese Skool Burgersdorp
  • Totius wat klas gee in ’n ou foto
    Totius gee klas
  • ’n Video-oproep met verskeie dosente en studente
    Die GTA begin met aanlynklasse

Akademiese standaarde

Die GTA streef na uitstekende akademiese standaarde, en dit vereis dus toewyding, voldoende studietyd, deursettingsvermoë en erns van elke student wat hierdie opleiding wil voltooi.

Al die kursusse word deur die Kuratorium van die GKSA goedgekeur.

Kursusse word slegs aangebied deur dosente wat kundige kennis van die vakgebied het en deur die GTA goedgekeur is.

Modus van aanbieding

Die opleiding word deur afstandsonderrig gedoen, en die toesig en ondersteuning van ’n plaaslike kerkraad met predikant as mentor is noodsaaklik.

Klasse word in aanlyn-kontakmodus aangebied en opnames van klasse is asinkronies beskikbaar.

Koste?

Die kursusse kos R2 600 per kursus, wat die totaal vir die eerste studiejaar op R31 200 te staan bring.

Doen aansoek vir bedieningsopleiding

Vul die vorm hieronder in. Ons gaan elke aansoek deur en stuur jou dan ’n betaalskakel.

Aansoek: Bedieningsopleiding 2027 (AF)