Deur Ami Postma
Ek het die voorreg gehad om al die kort kursusse wat die GTA in 2025 aangebied het te volg. Wat uitstaan is die sinergie tussen die verskillende modules.
Wat jy vroeër in een kursus bemeester, word later in ‘n volgende kursus nuttige voorkennis.
As dele van ‘n geheel is elkeen van die kursusse goud werd, maar die som totaal van die kursusse saam het groter waarde as die som van die dele. Die samehorigheidsgevoel wat ontwikkel en die vriendskappe wat gesmee word deur gesprekke met mede studente buite klastyd is baie opbouend vir elkeen wat graag ‘n dieper begrip van die Bybel en evangelie wil hê.
Die platvorm is ook maklik om te navigeer en toegang tot bronne is maklik. Die standaard van die aanbiedings en die kwaliteit van die onderig is fantasties.
Dit is verseker waarde vir geld.
Lees noulettend
Dit is ‘n fantastiese kursus wat elkeen wat ‘n belang het om blootstelling aan goeie teologiese bronne sal geniet. Daar is iets vir elkeen se belangstellingsveld en die blootstelling aan ander soortige materiaal en denkers buite jou gewone kraal is goed vir geloofsgroei en ‘n beter begrip van die diepte van gereformeerde teologie.
Christ and Worldviews
As jy handvatsels nodig het om met mense buite jou eie kultuur te gesels oor die Evangelie, of bloot ander mense beter wil verstaan, en sover as wat jy kan, jouself ook te verstaan, is hietdie kursus baie nuttig. Die hoorfrekke van verskillende wêreldbeskouings word so aangebied dat jy bloot in jou geprekke met ander hulle beter kan begryp.
Inleiding tot die Nuwe Testament
‘n Voelvlug oor die NT, met baie diepte. Jy gaan baie goeie aanbiededings oor elkeen van die boeke in die NT mee maak en die verlossingsleer indiepte ondersoek. Die lesse oor Openbaring is nuttig vir elke Christen.
Die lewe en diens voor die aangesig van God
Of jy verlede week belydenis van geloof afgelê het, en of jy nou al vir 30 jaar elke Sondag op ‘n preekstoel staan, gaan jy waarde put uit hierdie kursus. Jou dankbaarheidslewe, Coram Deo, word ondersoek. Hierdie kursus is die hartklop van die GTA. Jy gaan baie beter in die openbaar kan bid, of dit nou vir ‘n leesdiens is en of jy gevra word om ‘n gebed by ‘n troue te doen.
Jou persoonlike gebede sal die kleur en diepte kan kry wat jy in die Psalms ervaar. Hierdie is die beste geld wat jy ooit aan ‘n kursus sal spandeer. As jy net tyd of geld het vir een kursus begin hier!
Old Testament
77% van die woorde in die Bybel staan in die Ou Testament. Daar is ‘n rede hoekom dit behoue gebly het deur die millenia. Daar is geen rede hoekom jy nie ook waarde uit dit kan put nie. Die Ou Testament gee kleur aan jou lees van die Nuwe Testament. Volg die verbond tot by Christus.
Geskiedenis en teologie van die kerk in Afrika
Volg hoe die evangelie pos gevat het in Afrika in die eerste eeu en die verskillende fases waardeur dit ontwikkel het tot die die 2e millenium. Daar word gestry vir die suiwer leer; groot teoloë wat ons denke tot vandag toe beïvloed kom uit Afrika. Beleef die ontdekkings reis self.
Die orde van Christus in Sy kerk
Die beginsels waarvolgens die kerk van Christus vandag nog regeer word het sy wortels in die kerkorde van die Palatinaat. Geniet hoë kwaliteit lesse en wat die dokument oopbreek en kry blootstelling aan insiggewende kunswerke wat die tydsgees belig. Jy kry opnuut waardeering vir die goeie orde in die kerk.
Die drie katolieke belydenisse van die kerk
Volgende keer as iemand jou vra: “Wat glo jy?”, gaan jy nie lank hoef te dink nie. Volg waar elkeen van die stellings in hierdie dokumente vandaankom en hoekom dit veral vandag in ‘n post-moderne wêreld koers kan gee in ‘n see waar ons geen grond van weet.
Drie formuliere van enigheid
In hierdie kursus is jou enigste troos net die begin. Jy hanteer elkeen van die belydenis skrifte op so ‘n manier dat jy die eenheid en die verskeidenheid van hierdie dokumente persoonlik leer ken en kan waardeer. Nou kan jy dit maklik verstaanbaar maak vir ander en hulle met
troos bedien.
Skryf Noukeurig
Hierdie kursus haal die pyn uit kerklike notules uit. Dit fokus op etiese en hoë kwaliteit kerk dokumente. Of jy nou die skriba is en of jy bloot wil nut kry uit Acta van Sinodes of selfs ‘n byderwetse gemeente blad wil skep wat mededingend is, is die kursus vir jou.
Baie dankie Ami vir jou tyd en deurdagte terugvoer ons waardeer dit en ons glo dit sal baie help om besluite te neem oor die beskikbare kursusse.
-
Licentiate in Reformed Theology [Next intake 2027]
-
Theology of the Reformation [Next intake 2027]
-
Read Carefully [Next intake 2027]
-
Exegesis [Next intake 2027]
-
Introduction to the Old Testament [Next intake 2027]
-
Catechetics [Next intake 2027]
-
The Reformed Church Order [Next intake 2027]
-
Church Goverment Systems [Next intake 2027]
-
Christ and Worldviews [Next intake 2027]


