Ontdek die Kursus in Nuwe Testament deur die GTA

Written by Reformed Theological Academy

Algemeen

Kursus Inleiding

Die kursus is nie net ‘n akademiese aanbieding nie, dit is ‘n uitnodiging om God se openbaring aan ons in sy Woord te ontdek en te beleef.

Wat is die doel van die kursus?

Die hoofdoel is om jou in te lei in die wêreld van die Nuwe Testament as deel van God se openbaring aan sy kerk. Jy sal leer om die 27 boeke van die Nuwe Testament te verstaan binne hulle historiese konteks, hulle literêre aard en openbaringsdoel. Die kursus is nie net ‘n oorsig oor die Nuwe Testament nie, maar gee ook dieper insig in elk van die 27 boeke: Die outeurs, die oorspronklike lesers, die temas, die betekenis van elke boek vir vandag.

Ons vertrekpunt is die Skrif en daarom is die Bybel ons primêre bron met die Gereformeerde belydenis en die manier van Skrifverklaring as ons riglyne.

Kursusinhoud

YouTube video

Wat sal jy leer?

Ons gaan begin met inleidende vrae soos:

  • Wie is God
  • Wie en wat is die mens
  • Hoe is die Bybel saamgestel
  • Waarom glo ons dat die Bybel die geïnspireerde woord van God is

Ons bespreek ook die verhouding tussen die Ou en Nuwe Testament en hoe die Bybel as eenheid funksioneer om God se heilsplan te openbaar.

Daarna bestudeer ons elk van hierdie Bybelboeke self:

  • Die evangelies
  • Handelinge
  • Paulus se briewe
  • Die algemene briewe
  • Openbaring

En ons fokus by elkeen van hierdie boeke op:

  • Die outeurskap en ontvangers
  • Tema en boodskap
  • Die historiese en sosiale agtergrond
  • Die relevansie vir geloof en vir kerkwees vandag

Ons gaan ook vrae hanteer soos:

  • Hoekom vier evangelies, is een dan nie maar genoeg nie?
  • Hoe lyk die verlossingsplan wat God aan ons openbaar in sy woord?
  • Wat is die verskil in die grammaties-historiese metode en die sogenaamde sosio-historiese metode van Skrifverklaring? Waarom kies ons vir die eerste een?

In hierdie module gaan ons ‘n Gereformeerde openbaringshistoriese benadering oor die Nuwe Testament volg, en jy sal leer om elke boek in die lig van God se heilsgeskiedenis te interpreteer met Jesus Christus as die middelpunt van die Skrif. Omdat die kursus jou gaan blootstel aan die geïnspireerde woord van God, sal jy nie net met kennis toegerus word nie, maar dit sal jou ook help om te groei in jou persoonlike verhouding met God deur die werking van die Heilige Gees.

Kursusformaat

Wat kan jy verwag?

Die kursus bestaan uit 15 aanlyn lesingsessies, en jy sal 2 opdragte voltooi, een semestertoets skryf en aan die einde ‘n eksamen aflê. Al die studiemateriaal is beskikbaar op ons leerplatform Ad Fontes, wat notas, video’s en opnames van klasse sal insluit.

Jy sal ook toegang hê tot aanlyn biblioteke en hulpbronne, wat jou sal help om die kursus suksesvol te voltooi. Die kursus is ontwerp vir enige gelowige wat hom of haar wil ingrawe in die Woord van God, maar dit dien ook as inleiding tot verdere teologiese studie by die GTA.

By die GTA glo ons dat teologiese opleiding nie net ‘n akademiese taak is nie, maar dat dit ‘n geestelike roeping is. Daarom sal jy toegerus word om die Woord van God te verstaan en te verklaar. Deurentyd sal ons fokus wees op temas soos:

  • Verlossing deur Jesus Christus
  • Die koninkryk van God
  • Die werking van die Heilige Gees
  • Die nuwe lewe van die verloste gelowige
  • Kerkwees volgens die Woord van God

Ons hoop regtig jy sluit by ons aan vir hierdie opwindende reis deur die Nuwe Testament. Mag die kursus vir jou ewigheidswaarde hê, mag die Here jou daardeur toerus en versterk en verryk met die waarheid en lig van Sy woord, die blye evangelie van Jesus Christus. Ek sien regtig daarna uit om jou in die klas te ontmoet.

YouTube video

Register for the New Testament Course

Introduction to the New Testament

Equip yourself with a Christ-centered understanding of the New Testament. This course examines all 27 books, offering faithful guidelines to interpret the New Covenant and discover your role in God’s Kingdom.

Intro to new testament
RTA Logo
Written by Reformed Theological Academy

Lees verder...

Gereformeerde Teologiese Akademie Kursusoorsig: ‘n Student se Eerlike Terugvoer oor 2025 se Klasse

Deur Ami Postma Ek het die voorreg gehad om al die kort kursusse wat die GTA in 2025 aangebied het te volg. Wat uitstaan ...
Read more
Die kuns en belangrikheid van skryfwerk

Die Kuns en Belangrikheid van Skryfwerk in die Kerk: ‘n Praktiese Gids

Skryfwerk is een van die kernvaardighede wat gemeenskappe byeenbring en die kerk is geen uitsondering nie. Vir baie mense in plaaslike gemeentes gaan skryfwerk ...
Read more
Verstaan die drie formuliere van enigheid

Verstaan die Drie Formuliere van Enigheid: Fondasiestene van die Gereformeerde Geloof

Elke nuwe semester bring opwindende geleenthede om te leer en in die tweede semester van 2025 bring die Gereformeerde Teologiese Akademie van ons geloof ...
Read more